support@ladiescircle.co.za

Shiraz Ladies Circle: Sunflower Fun se eerste Pretdraf/Stap in Mouillepunt

IMG 3532c1 1024x681 Shiraz Ladies Circle: Sunflower Fun se eerste Pretdraf/Stap in Mouillepunt

Die dames van Shiraz Ladies Circle No 8 het die koue en nat Kaapse weer trotseer om die Sunflower Fun te help tydens hul eerste Pretdraf/Stap in Mouillepunt verlede Sondag. Meer as 1200 deelnemers het ingeskryf vir die Pretdraf wat nou ‘n jaarlikse instelling gaan word. Elke inskrywing het ‘n Sunflower Bandana ontvang, wat daartoe bydra dat die Sunflower Fund mense kan werf om hulself te registreer op die South African Bone Marrow Registry. Vir verdere inligting, kontak die SABMR by 021 404-6445 of besoek die Sunflower Fund se webwerf by www.sunflowerfund.co.za.  In die foto van links voor Joanne Butterworth, Merle La Cock, agter Yolandi Crafford, Lisa Schlechter, Caron Wade, Leanne Stander, Judy Theunissen en Etiennette Schuck, almal lede van Shiraz.

Leave a Reply