ONE TO ONE FUNCTION

Met ‘n yslike skenking van meer as 3000 pakkies skyfies, het Truda Snacks dit moontlik gemaak vir Shiraz Ladies Circle om weereens tydens die jaarlikse One to One-funksie ‘n stalletjie te hê om liggaamlik en verstandelik gestremde kinders en volwassenes te bederf. 
Deelnemers het ‘n boontjiesakkie deur die Shiraz-seekoei se mond gegooi en dan ‘n prys gewen! In die foto van agter staan Leanne Stander, Yolande Crafford en Lisa Schlechter, voor staan Hannah Stander en Jemmah Schlechter.