Swellendam LC 22 High Tea

Saterdag die 13de Mei het ons 60 dames bederf met n High Tea ten bate van Cansa, net so voor Moedersdag.  Ons het verskeie optredes gehad om ons gaste te vermaak, van klavierspel, solo sanger, koorgroep en voordrag van gedigte.

Ons vise-president Michelle Jacobs het die oggend bygewoon op haar verjaarsdag – baie dankie dat ons jou spesiale dag met jou kon deel

Baie dankie aan almal wat ‘n bydrae gelewer het om hierdie oggend n sukses te maak.