Swellendam Ladies Circle 22  se dames het die Donderdag middag, met die aanbreek van Paasnaweek by die Swellendam Hospitaal besoek afgele. Hulle het aan elke pasient ‘n Paas geskenkpakkie gegee, waarin daar ‘n paar tydskrifte was en ook ‘n lekker sepie, lipsalf en natuurlik ‘n lekker paaseier. Die kinders was mal oor hul inkleurboeke en die soetgoed, terwyl die volwassenes die leesgoed waardeer het.

Op die foto staan vier van die Swellendam Ladies Circle 22 dames voor die groot besoektyd begin het.
(Vlnr Lynette Avenant, Hanja Badenhorst, Olga Le Roux en Anzette Du Preez)