Shiraz Ladies Circle No 8 het Saterdag tydens Iris House Hospice se jaarlikse Gesinsdag by Nitida, spookasem verkoop om fondse in te samel vir verskeie organisasies en persone in nood. Met taai fingertjies en suikersoet glimlaggies het kind en kraai gesmul aan spookasem en die dag was voorwaar ‘n reuse sukses!

Iris House Hospice is ‘n liefdadigheidsgroep wat streef om die lewenskwaliteit van kinders met spesiale behoeftes, lewensbedreigende siektes of beperkte lewensverwagtende siektes te verryk en om ondersteuning aan hul families te bied. Besoek www.iris-house.org of skakel die stigter Sue van der Linde by 021 559 0800 vir meer inligting of om uit te vind hoe jy hierdie nie-winsgewende organisasie kan ondersteun.